Nederlands vir (Afrikaanse) dommies

Die relatiewe bysin



Dit begin al hoe meer na graad 10 Afrikaans klink die, of hoe? Ek gaan nie eers probeer om 'relatiewe bysin' te verduidelik nie - ons spring maar eerder weg met 'n voorbeeld:  

  • Ek eet die sjokolade. Die sjokolade is lekker. ==> Die sjokolade wat ek eet is lekker. 
  • Ik eet de chocolade. De chocolade is lekker. ==> De chocolade die ik eet is lekker. 

  • Ek lees die boek. Die boek is goed. ==> Die boek wat ek lees is goed. 
  • Ik lees het boek. Het boek is goed. ==> Het boek dat ik lees is goed. 

Ek het vir lank geweet ek moet in Nederlands nie 'wat' gebruik nie - maar kon om die dood nie verstaan wanneer mens 'die' en wanneer mens 'dat' gebruik nie. Lekker dig gevoel toe ek uiteindelik die dag hierdie reel leer:

Vir manlike of meervoudige woorde (i.e. "de") - gebruik 'die'. 
Vir vroulike woorde (het) - gebruik 'dat'. 

Eenvoudige reel in teorie - moeilike reel in die praktyk! Hoe weet mens of 'n woord manlik of vroulik is? Dit moet seker een van die verveligste en moeilikste goed wees om te leer. Kom ons hoop maar dit kom met ervaring...

Nog een laaste voorbeeld: 

Nederlandse grammatica is moeilijk. Ik leer Nederlandse grammatica. ==> De Nederlandse grammatica die ik leer is moeilijk... cheers!