Nederlands vir (Afrikaanse) dommies

Grammatika


Nederlandse lesse was nie so geslaag soos wat ek graag sou wou hê nie. Die probleem is dat mens as Afrikaansprekende baie woordeskat ken, maar feitlik niks grammatika nie. Op watter vlak moet jy dus les neem? Selfs baie van die grammatika (bv voegwoorde, besittelike naamwoorde) is so voor die hand liggend dat lesse dikwels net plein vervelig is.

Tog is daar paar konstruksies wat anders is, en wat mens wel bietjie moet in-oefen. Die er-konstruksie kom dadelik by my op. En die verlede tyd. Die res van die afdeling sal ek maar aanvul oor die maande soos my eie kennis vorder!