Nederlands vir (Afrikaanse) dommies

Verlede tyd 2 - die onvoltooide verlede tyd



Hierdie vorm van die verlede tyd het in Afrikaans heeltemal verlore gegaan. Die maklikste manier om die verskil tussen die twee verlede tye in Nederlands te verstaan, is om dit te vergelyk met die Engels: 

  • Ons het geëet ==> 'we ate' of 'we have eaten'

Wat jy gebruik hang af van die konteks. 

As jy 'n storie of 'n staaltjie aan iemand oorvertel, sal jy tipies die eerste gebruik. "Yesterday we went to the restaurant and we ate steak". 
As jy 'n algemene stelling maak, wat nie verwys na 'n spesifieke punt in tyd nie, gebruik mens die tweede: "We have eaten there before". 

Die verskil is subtiel, en tot 'n groot mate kan mens wegkom met die verkeerde verlede tyd. Wanneer mens die eerste verlede tyd egter moet gebruik, is wanneer jy 'n storie vertel. Storieboeke, en koerant artikels, is meestal in hierdie tyd geskryf, dus sal dit jou help om so paar van die werkwoorde aan te leer. 

Goed, eers die reël (jy't dit klaar geraai - die mees gebruikte werkwoorde is onreelmatig!): 

  • As die werkwoord eindig op t, h, f, c, k, s of p, kry dit 'n "te" aan die einde. 
  • Alle ander werkwoorde kry 'n "de" aan. 

Eersgenoemde letters spel " 't fokschaap " - maklike manier om hulle te onthou! 

Voorbeelde: 
  • Die woord 'bakken' se basis 'bak' eindig op 'n k - dus is die verlede tyd 'bakte'
  • Die woord 'leren' se basis 'leer' eindig op 'n r - dus is die verlede tyd 'leerde'
  • Spelen ==> speelde
  • Moppen ==> mopte

Meervoude kry eenvoudig net 'n -n agter aan (dus hij speelde, zij speelden)

Hier is 'n kort lysie van onreelmatige werkwoorde: 

  • Eten ==> at / aten (at vir enkelvoude, aten vir meervoude)
  • Lopen ==> liep / liepen
  • Zijn ==> was / waren
  • Hebben ==> had / hadden
  • Zeggen ==> zei / zeiden
  • Gaan ==> ging / gingen
  • Komen ==> kwam / kwamen
  • Drinken ==> dronk / dronken
  • Gebruik http://www.verbix.com/languages/dutch.shtml om enige werkwoord se verlede vorm te vind! 

Voorbeeld: 
Gisteren waren we naar een restaurant gegaan. We dronken veel bier en aten veel frietjes met mayonnaise. We hadden een zeer goede tijd. We kwamen thuis pas na middernacht!