Nederlands vir (Afrikaanse) dommies

Byvoeglike naamwoord


Nog 'n reel waarvoor mens die geslag van die selfstandige naamwoord moet ken. Die reel self is heel eenvoudig: 

Die byvoeglike naamwoord kry 'n -e agter aan, behalwe wanneer
1) dit 'n het-woord is
2) die woord 'een' gebruik word

Byvoorbeeld: 

  • Dat is een mooie jongen, maar
  • Dat is een mooi meisje. 

Dus, omdat meisie vroulik is, en jy 'een' gebruik, kry die mooi nie 'n -e agter aan nie. 

Nog voorbeelde: 

  • Dis 'n mooi kerk ==> Het is een mooie kerk
  • Dis 'n mooi gebou ==> Het is een mooi gebouw

Seker nie iets wat mens se verstaanbaarheid verminder nie, maar as mens korrek wil praat sal mens seker maar daai 'de' en 'het' woordjies moet gaan opswat...