Nederlands vir (Afrikaanse) dommies
'n Paar tipiese uitdrukkings
Gewoonlik is dit genoeg om jou Afrikaanse sin net te vertaal - meestal sal mense wel verstaan wat jy bedoel. Maar ongelukkig sal hulle jou ook soms glimlaggend vertel hoe 'cute' jy klink. Moenie my verkeerd verstaan nie - meeste Nederlanders en Vlaamse HOU van Afrikaans, en jy gaan baie komplimente kry (so 'n kreatiewe taal, so mooi taal, sulke oulike uitdrukkings...). Maar daar kom 'n tyd wat jy wil hê mense moet fokus op WAT jy sê, nie op HOE jy dit sê nie. Daarom help dit om so paar tipiese Nederlandse uitdrukkings te ken: - Goeie morgen (sê die g).
- Dag! (vir totsiens)
- Hoe heet je/uw?
- Gaat het? / Gaat je goed? / Hoe gaat het? (hoe gaan dit)
- Bedankt / Dank je wel / Dank uw wel (baie dankie) / heel erg bedankt
- Proficiat / gefeliciteerd (Veels geluk)
- Graag gedaan! (Dis 'n plesier)
- Het geeft niet / het maakt niet uit (Dit maak nie saak nie)
- Je heeft gelijk (jy's reg)
- Ja, dat klopt (ja, dis reg, dis korrek)
- Lukt het? (kom jy reg?)
- Niet doen! (Moenie! of Moenie dit doen nie!)
- Echt waar? (Regtig?)
- Ik heb last van mijn voet (my voet is seer)
- Dat doet pijn (dit maak seer)
- Wat mooi, zeg! (hoe mooi!)
- Wablief? (verskoon?)
- Ik moet boodschappen doen (ek moet inkopies doen)
- Sorry! / Excuseert! (jammer)
- Tot straks! (sien jou nou-nou, bv aan die einde van 'n foon gesprek)
- Tot snel! (sien jou binnekort!)
- Spiijtig genoeg/ helaas (ongelukkig, soos in: ongelukkig kan ons nie kom nie)
- We hebben het heel druk (ons is baie besig)
- Ik weet het niet (ek weet nie)
- Prima (goed so!)
- Ik moet mijn schoenen aandoen (skoene, jasjes etc aandoen - nie aantrek nie)
- Ik heb zin in een koffie / ik heb geen zin in werken (Ek is lus vir 'n koffie, ek is nie lus om te werk nie)