Nederlands vir (Afrikaanse) dommies

Woordelys


Op hierdie baldsy is sommer net 'n paar lukrake woorde. Woorde wat my opgeval het, wat snaaks klink vir 'n Suid-Afrikaanse oor; of andersins woorde wat ons dikwels gebruik, waarvan sommige so lekker sê dat dit deel geword het van ons alledaagse Afrikaanse huistaal.

Wat vir my so interessant is van Nederlands leer, is die besef hoeveel Afrikaans ontwikkel het oor die jare. Daar is sommige woorde wat ek verstaan, maar wat die kinders glad nie ken nie. Dis woorde wat jou Ouma nog soms gebruik het, of wat jy dalk laas in die ou vertaling van die Bybel raakgelees het. Dis vir my lekker om te weet dat die taal so 'levendig' is!

Ek sal die lysie byhou soos wat ek nog hoor - stuur gerus vir my jou gunsteling woorde ook!

  • Tof! (cool!) ==> Ik vind dit bandje zeer tof! 
  • Weinig (min) ==> Er zijn weinig kinderen bij het feestje 
  • Hoofd (kop) ==> Kop word alleenlik vir diere gebruik: kop en bek vir diere, hoofd en mond vir mense. Dis 'n groot belediging om 'kop' te sê as jy van 'n mens praat.
  • Helaas / spijtig genoeg (ongelukkig) ==> Helaas (spijtig genoeg) kunnen we niet naar de feestje komen.
  • Kletsnat (papsopnat) ==> We werden kletsnat van de regen!
  • Keihard (kliphard) ==> De stoel is keihard - mijn poep heeft er pijn van!
  • Kip (hoender) ==> Ik wil graag een kip salade alstublieft.
  • Nijlpaard (seekoei) ==> Van nyl perd na see koei? Wie van ons voorouers het die meeste pot gerook, wonder ek...
  • Kom op! (kom nou!) ==> We moeten meteen gaan, kom op!
  • Poets (skoonmaak) ==> Ik moet de bad poetsen
  • Vergat (die verlede tyd van vergeet) ==> Gisteren vergat ik mijn boekentas tuis
  • Amai! (uitroep wat iets soos genugtig! beteken) ==> Amai, wat een file!
  • Graag gedaan (plesier) ==> Bedankt voor de hulp! - Graag gedaan!
  • Kikker (padda) ==> Ik had groot schrik van de kikker in mijn bed! 
  • Klusje (werkie) ==> Vanmorgen moeten de kinderen hun kamers opruimen en andere klusjes doen.
  • Zeker weten? (is jy seker?) ==> Ik geef je dan 10 euros voor de klusje. - Zeker weten? - Ja, ik weet het zeker. 
  • Feestje (partytjie) ==> Ik ben vandaag jarig - wil je naar mijn feestje komen?
  • Oerkomicsh (skreeusnaaks) ==> Ik vind deze Nederlandse woorden oerkomisch! 
  • Afmaak (klaar maak) ==> Jij moet eerst de puzzle afmaak voordat je tv mag kijken.
  • Vuilnisbak (asblik) ==> Daar staat de vuilnisbak
  • Klokhuis (appelstronk) ==> Doe je klokhuis maar in die vuilnisbak
  • Stom (stupid) ==> Ik vind het zo stom dat ik niet mee mag!
  • File (verkeersknoop) ==> Ik staan in de file - wat vervelend! 
  • Smaak vs. proe. In Afrikaanse spreektaal sal ons maklik vra: "Hoe proe dit?". Maar eintlik: iemand proe, iets smaak. Bv. Ek proe die pap. Die pap smaak lekker. 
  • Duwen ==> stoot. Staan op al die deure by geboue: trekken of duwen...
  • Even/eens ==> gou, vinnig. "Mamma, kom eens kijken!" (Mamma, kom kyk gou!). "Mevrou, mag ik u even iets vragen? (Mevrou, kan ek u ietsie vra?). Laat 'n sin minder soos 'n bevel klink en meer soos 'n vriendelike versoek - word baie dikwels gebruik! 
  • Kinderoppas ==> babasitter
  • Sinaasappel / appelsien ==> lemoen
  • Wiet ==> dagga
  • Knuffel ==> drukkie
  • Plotseling ==> skielik
  • Kus ==> soen
  • Lieverd ==> skat (veral gebruik as troetelnaam teenoor jou kinders)