Daar is twee verskillende vorme van die verlede tyd:
die sogenaamde 'onvoltooide' verlede tyd (waarvoor ons nie 'n eweknie in Afrikaans het nie), soortgelyk aan die "simple past tense" in Engels (we eat ==> we ate)
die 'voltooide' verlede tyd, wat soortgelyk aan die Afrikaanse verlede tyd is (hebben + ge+werkwoord+t of d) (bv huilen ==> hebben* gehuild)
Alhoewel dit onder seker omstandighede korrek is om die onvoltooide verlede te gebruik eerder as die voltooide verlede, kan mens in meeste alledaagse gesprekke met die voltooide tyd oor die weg kom. Dit kom vir Afrikaans sprekendes veel makliker as die ander opsie.
*Let op dat die werkwoord 'hebben' verbuig moet word! (ik heb, je hebt, hij hebt, wij hebben, jullie hebben, zij hebben).
Voorbeelde:
Hy speel karretjie ==> Hij speelt met de autos
Hy het met die karretjies gespeel ==> Hij speelde met de auto's / Hij heeft met de auto's gespeeld
Ek kyk TV ==> Ik kijk TV
Ek het TV gekyk ==> Ik keek TV / Ik heb TV gekeken
Julle maak baie lawaai ==> Jullie maken veel lawaai
Julle het lawaai gemaak ==> Jullie maakten veel lawaai / Jullie hebben veel lawaai gemaakt
Ons eet vleis ==> Wij eten vlees
Ons het vleis geëet ==> We aten vlees / We hebben vlees gegeten
Wat mens wel dikwels nodig het, is "was" - die verlede tyd van "wees". In Nederlands dus, die verlede tyd van "zijn". Verbuig dit so:
Ik was
Jij was
Hij was
We waren
Jullie waren
Ze waren
Dus maar dieselfde as in Afrikaans, behalwe vir meervoudige persone gebruik jy 'waren' in plaas van 'was'.
Voorbeelde:
Ek is hier ==> Ik ben hier
Ek was hier ==> Ik was hier
Hulle is by 'n partytjie ==> Ze zijn bij een feestje
Hulle was by 'n partytjie ==> Ze waren bij een feestje
As jy reg voel vir die hoërgraad-weergawe (die onvoltooide verlede tyd), kyk gerus na Verlede Tyd 2: