Die woord "daar" word in Nederlands gebruik om 'n plek aan te dui. Waar zijn mijn schoenen? Daar zijn ze!
Behalwe hiervoor, moet mens die Afrikaanse 'daar' in Nederlands met 'er' vervang. (Spreek uit uhr, nie êr nie...)
Byvoorbeeld:
Ek hou daarvan ==> Ik hou ervan
Jy sit daarop ==> Jij zit erop
Ek is daarvan oortuig ==> Ik ben ervan overtuigd
Daar was baie mense by die partytjie ==> Er waren veel mensen bij de feestje
Wat nou 'n stappie moeiliker is, is as daar 'n bywoord of byvoeglike naamwoord tot die sin toegevoeg word. Dan word die 'er' en die 'proposisie' geskei.
Byvoorbeeld
Ek hou baie daarvan ==> Ik hou er veel van (en nie 'ek hou veel ervan' nie)
Ek is tevrede daarmee ==> Ik ben er tevrede mee
Jy kan baie daarmee doen ==> Jij kunt er veel mee doen
Dit voel in die begin vreemd - maar mens se oor begin gou hoor wanneer dit reg of verkeerd is. Vir 'n begin - vervang die 'daar' met 'er' - dan's jy al halfpad daar.