Nederlands vir (Afrikaanse) dommies

Afrikaanse woorde wat in Nederlands nie bestaan nie



Nederlanders en Belge is baie lief om mens te vertel hoe mooi en kreatiewe taal Afrikaans is. En dit is so - daar is baie woorde wat ons alledaags in Afrikaans gebruik, wat in Nederlands nie bestaan nie. As jy dus jou Nederlandse vriende of kollegas wil beïndruk, gee so paar van die volgende voorbeelde: 

Afrikaans (Nederlands): 

  • Hysbak (lift)
  • Moltrein (metro)
  • Motorhuis (garage)
  • Rekenaar (computer)
  • Piesang (banaan) (piesang kom blykbaar van die Maleise woord)
  • Naweek (weekend)
  • Kameelperd (giraffe)
  • Seerower (piraat)
  • Vuurhoutjie (lucifer)

Moenie die fout maak om te dink dat Nederland net bloot alle Engelse/Germaanse woorde oorneem nie - in Nederlands is daar ook veel nuwe woorde, waarvoor ons in Afrikaans weer nie oorspronklike woorde het nie. Daar is selfs elke jaar 'n kompetisie waar hulle die 'nuwe woord van die jaar' kies. 


Nederlands (Afrikaans, Engels):

  • Ziekenhuis (Afr: hospitaal. Engels: hospital)
  • Turnen (Afr: gimnastiek, Eng: gymnastics)