Dis altyd moeilik om te leer vuil praat in 'n nuwe taal. Dis nie iets wat mens in die woordeboek kan opkyk nie, en, in 'n land soos België, is mense veel te beskaaf om jou 'n lys van hulle gunsteling swetswoorde te verskaf (selfs na 'n bier of vier). Boonop is geen van die Afrikaanse vloekwoordjies in Nederlands lelik nie - hoe moet mens die ou wat jou van die pad af ry dan sleg sê?
Onder is 'n lys van Afrikaanse vloekwoorde, en wat hulle in Nederlands beteken. Dan 'n (kort) lysie van so paar Nederlandse swetsers...
(As jy delikaat of sensitief is, druk nou daai back-knoppie...)
Afrikaanse woord ==> Wat dit in Nederlands beteken:
Fok ==> Om te teel. Oppad Gent toe ry mens verby 'n skaapfokkery.
Poes ==> Een wat mens gereeld in alledaagse geselskap, en veral in kinderstories, hoor. Beteken kat. (en nee, niks berei mens voor op die dag wat jou driejarige jou aan die hand vat en sê - "mamma, kyk, een poes!" nie...
Doos ==> Waarin die ontbytpap kom
Poep ==> Boude. In Vlaandere nie 'n ongeskikte woord nie (maar ek dink in Nederland dalk wel). Die dag toe my oudste se Judo juffrou verduidelik hoe om 'n bollemakies te slaan, sê sy: "Voetjes by elkaar, handen op de grond, hoofd op de knieën, poep in de lug...en rol!". Ek het gebloos, maar was die enigste een...
Kont ==> Boude. "Ass" soos hulle in Engels sal sê.
Bekakt ==> Deftig. "Posh". "In Hollywood wonen er veel bekakte mensen"
So paar bewyse dat ek nie kak praat nie:
In die biblioteek se peuter-afdeling...
In 'n ouerskaps tydskrif van die skool af...
Meer kinderstories
Uit my seun se Atlas-boek...'n lessie oor Nieuw Zeeland. Wat alle Saffers al lank vermoed...
So sien? - helemaal nie vloek nie...
Nou so paar nuwe Nederlandse woorde. Meestal vanaf TV geleer. In België en Nederlands word die TV nie gedub nie - daar word net onderskrifte by die Engels gesit. Goeie bron van, uh, kennis dus.
Klootzak ==> Asshole
Verdomme! ==> Dammit!
Kop dicht! / hou je kop! ==> Shut up! / hou jou bek!
Aftrek ==> Uh...om, wel, jy weet, wel...dit te trek. Baie belangrik: moet nooit aan 'n Nederlander wat saam met jou ry sê: "Ek gaan net gou hier aftrek" nie. Ook nie "Ek soek 'n aftrekplek" nie. Ook nie: "Die cops het my afgetrek nie.". You get the drift...