Nederlands vir (Afrikaanse) dommies
 
Jou wenke, gunsteling woorde, vrae - laat gerus 'n comment!
Emmi
10/22/2010 06:20:36 am

Ok, testing testing... kom ek kry die gesprek self aan die gang:

Ek hou vreeslik baie daarvan hoe hulle die woorde "wat" en "zeg" gebruik.

"Wat is het mooi, zeg!"

en

"Wat is het warm vandaag, zeg!"

Jou beurt! ;-)

Reply
11/23/2010 01:27:35 pm


Baie goeie website! Ek geniet dit baie om al die bladsye te lees. Ek werk (in Cincinnati, VSA) saam met 'n Belgiese vrou, en het al gewonder hoekom sy sukkel om my partykeer te verstaan as ek probeer afrikaans met haar praat. :-)
Ek sal jou link op my ma se website site wat Familie navorsing doen. Dalk help dit jou search engine results. O, en dit sal help as jy ook 'n hoof domain name gebruik.. dink ek...
Baie Groete vir jou en J.

Martin

Reply
Mariette
11/24/2010 04:44:43 pm

Dankie vir jou terugvoer Martin! Sal bly wees oor die link - elke bietjie help. Moet seker maar die domain name koop - aan die ander kant moet ek dan weer al die links verander...hmmm...was stupid om dit nie van die begin af te doen nie.

J stuur groete.

Mariette

Reply
Fourieka Reyneke
11/29/2010 04:18:17 am

Hallo M! Ek hou baie van jou website. Keitof
Dis vir my duidelik dat die mense in my omgewing my aksent leer ken. As ek dan skielik gereeld met 'n nuwe groep te doen het (soos toe ek lesing begin bywoon het) is dit opvallend hoe sleg hulle my aanvanklik verstaan ( diiieeep fronse) en dan skielik het hulle dit en gesels ons lustig voort.

Reply
Emmi
12/2/2010 10:23:10 pm

Dankie vir die terugvoer F! Kan jou oor optel watter klanke vir hulle moeilik is om te volg aan jou taal?

Ek was laas week self baie in die gesig gevat. Het 'n boodskap gelos by die ou wat die verwarming moes kom diens - twee om die waarheid te sê, en toe ek die ou uiteindelik in die hande kry sê hy, jammer hy kon nie terugbel nie, hy kon nie die telefoon nommer mooi verstaan nie. Ek bedoel! Gedag ek kan darem al NOMMERS reg sê! Nou ja, volgende keer maar bietjie stadiger praat...

Reply
gia
1/20/2011 04:28:41 am

ik vind het heel leuk dat jij so een website hebt gemaakd! ik ben nu aan het nederlands studeren! ik heb Afrikaans op school geleerd maar nooit goed genoeg om te spreken. De klein beetje afrikaans die ik wist, toen ik naar Nederland kwam, hielp mij heel veel met het Nederlands leren! Echt een leuke website! Bedankt!

Reply
Berry
4/4/2011 10:29:23 am

Kwam toevallig op deze site terecht omdat ik afrikaanse woorden naar het nederlands vertaald wou hebben, kwam uw opmerking tegen dat u niet reg wist nie hoe u "Ons het lekker kuier" in goed nederlands moest zeggen. In goed nederlands betekent dit "Wij hebben fijn gewandeld" gewandeld van het woord wandelen. In Nederland kennen wij het woord kuieren ook hoor en dan word het "Wij hebben lekker gekuierd" Verder wordt bij ons het woord "ganse" ook wel gebruikt maar dan alleen als aanduiding voor een bepaalde tijd dus alleen bij "De ganse Dag", en "De Ganse Nacht (Nag)","De Ganse Avond ( Aand) etc. Vind het een verfrissende website welke u hebt gemaakt en kom zo ook te weten hoe ik als nederlander afrikaans uit moet gaan spreken veel succes verder

Reply
deidre
9/22/2011 10:15:14 pm

ek het nou gele soos wat ek gelag het :)

Reply
6/22/2012 07:21:24 pm

I created a weebly blog after seeing how simple it looked.

Reply
Niklas Båvenstrand
1/6/2013 12:30:20 am

Baie dankie vir die inligting! Maar, die vraag nog bly vas: alhoewel ek's nie Afrikaans nie (Sweeds), KAN ek in die Vlamse dele van België Afrikaans praat en hulle sal MY verstaan? Sal ek HULLE verstaan? Mooi bly en groete uit Swede:=).

Reply
1/9/2013 08:26:02 am

Die website is baie interesant! Echt een leuke website! En ek leer baie. Hou vol met die updates.

Reply
Niklas Båvenstrand
1/10/2013 03:01:26 am

Ek stem saam met Ian....MAAAAAR my vraag nog steeds bly vas: wil 'n Vlaamssprekende persoon my verstaan of ek Afrikaans met hom/haar praat?

Reply
Ian Swart
2/2/2013 07:16:52 am

Ja ek dink so. Net solank jy stadig en duidelik praat.

Mia in Engeland
1/12/2013 08:59:11 pm

Niklas ek was nog nooit in Belgie nie. Maar wat ek wel kan sê is dat ek Vlaamssprekendes makliker kan verstaan as Nederlanders, dié wat ek al gehoor het. So ja, miskien geld dit andersom- dis die moeite werd om te probeer!

Ek self het skielik hierdie fasinasie ('skies vir die Anglisisme- bewondering is seker 'n beter woordkeuse) vir Nederlands. Skielik is ek trots op my taal en erfenis nadat ek 5 jaar lank in Engeland woon. My Engelse man leer Afrikaans en dit gaan maar broekskeur met sy aksent. Al wat hy mooi kan sê is "'n koppie tee vir my vrou?" en probeer ek hoe hard om hom te kry om nie soos 'n Duister te praat nie (hy dink mos Afrikaans moet klink soos Hitler). Ek dink die afstand gee jou perspektief oor wie jy is. My ma het ook ons stamboom nagevors en ek weet my grootouma (oupa se ma) het nog Nederlands geskryf in haar briewe toe Afrikaans alreeds goed in gebruik was. Ons vanne is ook oorwegend Nederlands met so 'n bietjie Duits.

Ek was al verskeie kere in Nederland en ek vrek oor die land. Ek het nogal 'n sterk gevoel van heimwee gekry orals waar ek gaan, so asof alles vir my bekend is. Is daar enige ander Afrikaners wat ook so voel of is ek weer weird.

My wenk sal wees om solank Nederlands te lees en ook videos op Youtube oor enigiets in Nederlands by te dam. Dit sal help met die woordeskat en om jou ore te "train" om verby die aksent te luister. Ek begin al hoe meer te verstaan. En lees die nuus aanlyn, soos De Telegraaf. Eendag sal ek dit verder neem maar ander tale soos Frans (ugh- mooi taal maar o wee, die grammatika) is op hierdie stadium belangriker want dis van meer gebruik in my loopbaan.

Reply
Debbie
12/14/2013 05:36:01 am

Mooie site!
Mijn verhaal is het tegenovergestelde van Mia uit Engeland.
Nederlands maar nu erg geïnteresseerd in het Afrikaans. Wat een mooie taal is dat. Daar wil ik meer over weten.

Reply
Margot
4/1/2015 09:40:13 pm

Onder "vuil praat" staat doos als betekenis voor lul. Wij Nederlanders gebruiken doos en poes voor vagina/cunt. ;)

Reply



Leave a Reply.